Tribune Tower

Tribune Tower

Tribune Tower is 'n wolkekrabber in 425 North Michigan Avenue in Chicago (Illinois, Verenigde State). Die gebou in die Neogotiese styl is in die tydperk tussen 1923 en 1925 opgerig en huisves onder meer die hoofkwartier van die invloedryke dagblad Chicago Tribune en die ateljee van die radiostasie WGN Radio. Die wolkekrabber, wat deur Raymond Hood en John Mead Howell ontwerp is, het 'n hoogte van 141 meter en toon sekere ooreenkomste met die katedraal van Rouen se Tour de Beurre ("botter-toring") in Normandië (Frankryk) en die toring van die katedraal in Mechelen (Vlaandere, België).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy